Namibiërs se hoop dryf Warriors aan vanaand

Namibië se hoofafrigter, Collin Benjamin, sê die span fokus op die hoop en drome van die mense tuis in vanaand se Afrikabekertoernooi-kragmeting teen Suid-Afrika in Ivoorkus. Na hulle geskiedkundige oorwinning van 1-0 in hulle openingswedstryd teen die gunstelinge in Groep E, Tunisië, is die Brave Warriors vasberade om na die uitkloprondes deur te dring. Maar hulle weet hulle kom teen ‘n verbete Bafana Bafana te staan wat steeds hulle wonde lek na hulle nederlaag van 2-0 teen Mali in hulle openingswedstryd. Vanaand se afskop is om tienuur.