Namibiërs moet geld plaaslik in feeseisoen bestee – BBLN

Die Namibiese ekonomie soos elders in die wêreld maak dit moeilik vir mense om soveel te bestee as wat hulle wil gedurende hierdie feestyd weens die ekonomiese onsekerheid. Eliphas Simon, voorsitter van Black Business Leadership Network van Namibië, doen ‘n beroep op Namibiërs om hul geld nader aan die huis te bestee. Hy sê aan Kosmos 94.1 Nuus die geld moet in sirkulasie in die land bly om die ekonomie aan die gang te hou.