Karibib-lugmaglede help wel by brand by Omatjete

Die Namibiese Weermag het sy lede by die Karibib-lugmagbasis gestuur om boere in die Omatjete-gebied in die Erongo-streek te help om om die veldbrand te bestry. Die veldbrand by Omatjete is glo buite beheer en is besig om na Otjohorongo kommunale gebied te versprei. Weermag-woordvoerder, kolonel Petrus Shilumbu, het bevestig dat hulp is gestuur. Hy sê die lugmag het ongeveer 30 troepe gemobiliser om bystand te gaan verleen met die veldbrand. Shilumbu het ontken dat die weermag nie op die boere se krete gereageer het nie weens ‘n beweerde gebrek aan brandstof. Hy sê aan Kosmos 94.1 Nuus die regte kanale moet deur die streeksgoewerneurs gevolg word.