Namibiërs kan nou versterkdosisse van entstowwe kry

Die Namibiese gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, het gesê Namibiërs wat AstraZeneca en Pfizer-entstowwe teen Covid-19 ontvang het, kan nou ook soos met Sinopharm vir ‘n derde dosis gaan. Hy sê die derde dosis kan dieselfde as die eerste twee dosisse wees, of dit kan ‘n ander entstof soos Pfizer wees. In die geval van Johnson & Johnson wat net een dosis is, sê Shangula kan ‘n tweede dosis van die persoon se keuse van entstof gebruik word.