Namibiërs is traag om teen Covid-19 ingeënt te word

Namibiërs is steeds traag om teen Covid-19 ingeënt te word. President Hage Geingob sê dit is nie die eerste keer dat mense gevra word om in te ent nie, met mense wat al vir jare teen polio ingeënt word. Hy het dit ook duidelik gemaak dat Namibiërs ‘n keuse het om ingeënt te word, of nie.