Kapofi verdedig die besluit dat alle weermaglede teen Covid-19 ingeënt moet word

Die Namibiese verdedigingsminister, Frans Kapofi, sê soldate is “spesiaal” toe hy die besluit verdedig het dat alle weermaglede teen Covid-19 ingeënt moet word. Sy reaksie volg op die Affirmative Repositioning-bewering wat gedreig het om die Namibiese weermag hof toe te vat wat inentings op soldate af te dwing. Daan Strauss, die sekretaris-generaal van die Namibiese Werkgewersvereniging het gereageer op ‘n vraag van Kosmos 94.1 Nuus, of daar in die toekoms verpligte inentings op almal afgedwing gaan word.