Namibiërs in Botswana-tronke: Ombud voeg stem by

Die Namibiese ombudsman Basilius Dyakugha het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die bespreking in die Nasionale Vergadering wat handel oor Namibiërs wat in Botswana gearresteer word. Volgens Elma Dienda, die PDM se hoofsweep in die Nasionale Vergadering sê Namibiese gevangenes in Botswana het die reg om behandel te word volgens die voorskrifte van die Namibiese grondwet en indien nie, moet hulle die reg hê om aansoek te doen om hulle vonnisse plaaslik uit te dien. Dyakuha sê daar is beperkings in verband met internasionale wette.