Namibiërs gaan veg vir LGBTQ-regte in Berlyn
‘n Afvaardiging van ses Namibiërs is in Duitsland om Berlyn se geskiedkundige Christopher Street Day , ook bekend as ‘Berlin Pride’, te besoek op versoek van die Lesbiese en Gay-vereniging van Berlyn. Omar van Reenen van Equal Rights Namibia sê die groep sal wêreldwye ondersteuning vir Namibië se LGBTQ-gemeenskap soek in ‘n tyd wanneer voorgestelde regerings-gesteunde diskriminerende maatreëls die land se grondwetlike demokrasie ondermyn. Die afvaardiging sal die geleentheid kry om met die Berlynse LGBTQ-gemeenskappe en organisasies te skakel, sowel as met aktiviste van Ghana en Uganda. Hulle sal deelneem aan ‘n verskeidenheid geleenthede voor die Gay Pride-parade Saterdag in Berlyn