Namibiese verblyfplekke duurder

Plaaslike en buitelandse toeriste wat die feesseisoen reis, sal hulle sakke moet skud om vir hul vakansies te betaal. Volgens Simonis Storm het die gemiddelde lodge in die land hul kamerprys per persoon per nag met 13,4 persent verhoog en die gemiddelde wildrit-prys met 10 persent per persoon. Kampeerplekpryse het teen Desember 2022 gemiddeld met 13,4 persent per persoon per nag toegeneem, vergeleke met Desember 2021. Die woordvoerder van Namibia Wildlife Resorts, Nelson Ashipala, sê aan Kosmos sê dit is te wagte weens die inflasiekoers.