Namibiërs besit US$22 miljard in privaatrykdomOctober 24, 2021
Die Afrasia Bank in Mauritius het sy vierde verslag oor privaatrykdom in Afrika bekend gestel. Namibië het ‘n totaal van 22 miljard Amerikaanse dollar in privaatbesit met 1 600 miljoenêrs. Volgens die verslag word miljoenêrs geklassifiseer as persone met meer as 1 miljoen Amerikaanse dollar in rykdom. Daar is ook 60 multi-miljoenêrs, wat volgens die verslag beteken daar is 60 Namibiërs wat meer as 10 miljoen Amerikaanse dollar in rykdom het. Totale privaatrykdom in Afrika beloop 2 triljoen Amerikaanse dollar met Suid-Afrika, Egipte, Marokko, Nigerië en Kenia wat die meeste privaatrykdom het en 50 persent van alle rykdom in Afrika verteenwoordig.