Namibiër sê oor geweld in Khartoum

‘n Namibiese onderwyser wat skool gee in Khartoum in Soedan, Minette van der Bijl, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die protesaksie wat op die oomblik in die hoofstad aan die gang is. Sy meen inwoners is woedend vir die Verenigde Nasies omdat die sekretaris-generaal Antonio Guterres die publiek gevra het om die ooreenkoms tussen die weermag en die premier Abdalla Hamdok te aanvaar. Sy gesels oor die huidige stand van sake in die stad en voeg by, die protesgangers het geen planne om te stop nie.