Namibië wil by VN Waterkonvensie aansluit

Die Namibiese se landbouministerie het vandag aangedui die land wil tot die Verenigde Nasies se Konvensie van die Beskerming en Gebruik van Waterweë en Internasionale Mere toetree. Die minister, Calle Schlettwein, het ondersteuning van die Waterkonvensie-sekretariaat tydens die toedredingsproses gevra. Hy het gesê Namibië is gretig om by die globale familie van die VN aan te sluit om gedeelde varswaterbronne volhoubaar te gebruik en te beskerm.