Namibië verwelkom toenemend internasionale studente

Namibië het ’n aantreklike studiebestemming geword en die ministerie van binnelandse sake het tussen Januarie 2023 en Januarie 2024 altesaam 3 064 studielisensies aan internasionale studente toegestaan. Die ministerie se hoof openbare betrekkinge beampte, Margaret Kalo, het op navrae van Kosmos 94.1 Nuus gereageer en sê die toename in aanvraag is te wyte is aan ‘n groot aantal internasionale studente wat ‘n sterk belangstelling uitgespreek het om in Namibië te studeer. Dit behels veral studente van Angola, Zimbabwe en Suid-Afrika.