Namibië trots op derde plek in Afrika vir Covid-toetse

Die uitvoerende direkteur in die Namibiese gesondheidsministerie, Ben Nangombe, reageer op Namibië wat nou die land in Afrika is wat die derde meeste van sy burgers vir Covid-19 getoets het. Net in Gaboen en Suid-Afrika is meer mense getoets. Nangombe sê dit is ‘n mylpaal waarop Namibië trots kan wees.