Namibië stuur ‘n groot afvaardiging na COP 26

Die Verenigde Nasies se 26ste Klimaatberaad, COP 26, vind vanaf Sondag tot 12 November in Glasgow in Skotland plaas. Namibië se groot afvaardiging sal deur President Hage Geingob gelei word wat Dinsdag sy toespraak sal lewer. Die afvaardiging bestaan uit teenwoordigers van die ministeries van die omgewing, internasionale betrekkinge, landbou, finansies, werke en vervoer, en myne en energie. Ander afgevaardigdes is van die Nasionale Vergadering, die Universiteit van Namibië, NamPower en NamWater.