Namibië steeds wêreld se ‘cheetah-hoofstad’

Namibië se Cheetah Conservation Fund het die eerste Wêreldwye Cheetah-beraad bygewoon in Addis Abeba in Ethiopië. Die fonds sê die beraad is ‘n belangrike stap vorentoe in die bewaring van jagluiperds. Dr. Laurie Marker, die fonds se stigter en hoof uitvoerende beampte, het ‘n omvattende ontleding aangebied van die uitdagings wat jagluiperdbevolkings in die gesig staar. Marker het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê Namibië is steeds die wêreld se “cheetah-hoofstad”, maar daar is uitdagings weens boere-jagluiperd konflikte.