Drikus Coetzee in tweede plek in Atlas-bergwedren

Namibië se uithou-fietsryer, Drikus Coetzee, is in die tweede plek in die uitmergelende Atlas-bergwedren in Marokko. Hy het reeds 1 007km van die ongesteunde wedren se 1 300km afgelê en is 30km agter die voorloper, Justinas Leveika van Lithuanië. Die derde geplaasde Ulrich Bartholmoes van Duitsland is 6km agter Coetzee. ‘n Totaal van 228 fietsryers het weggespring en 32 het reeds onttrek. Die huidige laaste deelnemer het nog net 342km afgelê. Coetzee se vordering kan regstreeks gevolg word op atlasmountainrace.com.