Namibië skop môre 16 Dae van Aktivisme teen Geslagsgeweld af

Namibië gaan by die Verenigde Nasies met hul veldtog van 16 Dae van Aktivisme teen Geslagsgeweld vanaf môre tot 10 Desember aansluit met die tema “Orange the World: End Violence against Women Now”. Byna een uit drie vroue ervaar geweld in haar leeftyd en statistieke styg in tye van krisis soos die Covid-pandemie, humanitêre krisisse en klimaatrampe. Die Namibiese Nasionale Studente Organisasie se sekretaris vir geslag, maatskaplike welsyn en gemarginaliseerde gemeenskappe, Thrive Mahua, verduidelik die belangrikheid van die 16 dae van aktivisme.