Namibië se werkloosheidsyfer dalk bo 40%

Reaksie is ontvang oor die werkloosheidsyfer in Suid-Afrika en dit voorspel niks goed vir Namibië nie. Werkloosheid in die buurland het in die eerste kwartaal vanjaar met 0,1 van ‘n persentasiepunt tot 32,6 persent toegeneem, vergeleke met die vierde kwartaal in 2020. Statistikus-generaal, Risenga Maluleke, het vandag die kwartaallikse Arbeidsmagopname bekend gemaak en sê ongeveer 28 000 minder mense het in hierdie kwartaal gewerk. Die opname toon dat jongmense tussen 15 tot 24 jaar en 25 tot 34 jaar oud die hoogste werkloosheidsyfers aangeteken het, teen 63,3 persent en 41,3 persent onderskeidelik. Die sekretaris-generaal van die Namibiese Werkgewers-federasie, Tim Parkhouse, sê hy Namibië se werkloosheidsyfer is moontlik bo 40 persent. Hy deel sy mening met Kosmos 94.1 Nuus.