Vloede op Suidsee-eiland van Nieu-Seeland

Nog 300 huise in Canterbury in Nieu-Seeland moes oornag ontruim word ná swaar reënval wat tot talle vloede op die Suid-eiland gelei het. Sommige plekke het tot 40 sentimeter reën aangeteken. Die weermag het helikopters ingespan om mense te red, berig internasionale media.