Namibië se werkloosheid soortgelyk as SA

Namibië is in ‘n soortgelyke situasie as in Suid-Afrika wat werkloosheid betref. Herbert Jauch, ‘n Namibiese arbeidskenner, sê die engiste verskil is dat Namibië nie op die oomblik onlangse statistieke het nie. Die werkloosheidsyfer in Suid-Afrika het in die eerste kwartaal vanjaar met 0,1 van ‘n persentasiepunt tot 32,6 persent toegeneem, vergeleke met die vierde kwartaal in 2020. Statistikus-generaal, Risenga Maluleke, het vandag die kwartaallikse Arbeidsmagopname bekend gemaak en sê sowat 28 000 minder mense het in hierdie kwartaal gewerk. Jauch gee sy mening aan Kosmos 94.1 Nuus.