Namibië se skuldvlakke te hoog

Die Goewerneur van die Bank van Namibië Johannes !Gawaxab sê die land se
skuldvlakke is te hoog om volhoubaar te wees. Hy sê die regering bestee steeds meer
as wat hy verdien. Robert McGregor van Cirrus in die hoofstad sê die skuldvlakke moet
verlaag word.