Namibië se groen waterstofplanne is ver gevorderd

Suid-Afrikaanse media berig dat Namibië ver gevorderd is met groen waterstof-energie, baie verder as Suid-Afrika. Dit kom na President Cyril Ramaphosa gesê het dat sy regering met die Geingob-administrasie in die verband sal saamwerk, veral met die ontwikkeling by Boegoebaai in die Noord-Kaap. Volgens Ramaphosa wil hulle ‘n netto-uitvoerder van die hernubare-energiemark wees, veral in verband met groen waterstof-energie. Namibië ontwikkel sy eie groen waterstof aanleg net aan die ander kant van die grens en die sogenaamde Southern Corridor Development Initiative is reeds ver gevorderd met voorleggings vir bealngstelling wat reeds gesluit het.