Namibië se damme gesamentlik 82,2% vol

Namibiese damme is gesamentlik 82,2 persent vol, in vergelyking met verlede week se 82,4 persent. Die damme in die sentrale is tans 79,7 persent vol teenoor verlede week se 80,5 persent. Gobabis se damme is 35,7 persent vol en die Suide s’n 87,9 persent. Die Neckartaldam is tans 96,7 persent vol, die Nautedam 94 persent en die Oanobdam 89,8 persent.