Namibië se aflandige gebiede trek internasionale aandag

Daar is vandag twee openbare kennisgewings vir die aansoek vir ‘n omgewingsklaring-sertifikaat vir drie-dimensionele seismiese opnames. Risk-based Solutions vra dat belanghebbendes en die wat daardeur geraak word moet registreer. Die opnames, wat die Britse TGS Geophysical-maatskappy en nog ‘n Britse maatskappy Searcher Geodata wil uitvoer, is beide groot aflandige gebiede aan die Namibiese kus. Searcher Goedata sal opnames aflandig vanaf Kaap kruis tot Terrace-baai uitvoer terwyl TGS in die Oranje-bekken, net noord van die onlangse reuse-olieontdekking, sy opnames sal uitvoer. Registrasie moet teen die 2de Desember ingedien word.