Namibië reg vir Jong Sjef Olimpiade in Indië

Benita Ishekwa, ‘n student aan die Silver Spoon Hospitality Academy in die hoofstad, is in Indië waar sy Namibië verteenwoordig by die 2024 Jong Sjef Olimpiade. Die openingseremonie van die Olimpiade se 10de uitgawe word vandag gehou. Sjef Terry Jenkinson van die Akademie, wat Ishekwa na die Olimpiade vergesel, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.