Namibië realiseer goeie mielie-oes

‘n Rekord witmielie-oes is in die kommersiële gebied van Namibië gerealiseer. Die syfer van 74 700 metrieke ton vir die seisoen is 45 persent hoër as die vorige seisoen wat 51 600 ton opgelewer het. Vooruitskattings het die oes op rondom 66 000 ton beraam. Die landbouministerie sê die is die grootste oes nog. Net meer as helfte, 54 persent, kom van besproeiingsplase af en 46 persent is van droëland produsente. Kommunale gebiede het 11 500 ton ingebring, 35 persent hoër as verlede jaar se oes. Ian Collard, die uitvoerende hoof van die NMI Groep het sy reaksie so verwoord.