Opposisiekandidaat in Zambië vaar volgens jongste uitslae goed in die buurland se verkiesing

Volgens die jongste uitslae van die presidentsverkiesings in Zambië, loop die opposisiekandidaat, Hakainde Hichilema voor teen president Edgar Lungu en sy party. 62 van die 156 kiesafdelings se uitslae is reeds bekend. Die verkiesing is gehou midde beperkings van internettoegang en geweld in drie streke. Dit is volgens berigte uit die buurland egter nog te vroeg om nou al te bepaal of Hichilema en sy party die verkiesing gaan wen.