Namibië moet sy eie mark vir suiker kan bewerkstellig

Die Namibiese kabinet het planne goedgekeur dat die land se deelname aan die Afrika-vryhandelooreenkoms in verband met suiker, kan voortgaan. Die bepalings sluit in dat daar genoeg voorraad en voorsiening is en dat die oorsprong daarvan nie beperk moet word tot Afrika-lande nie. Die suiker kan tot 40 persent duurder wees as die suiker wat op die wêreldmark beskikbaar is. Anton Faul, senior handelsadviseur by die Namibiese Landbou Handelsforum verduidelik.

Hy voeg by dat sou daar tekorte aan voorraad wees, of die prys is te duur, sal dit Namibië groot skade doen.