Namibië moet belê in inligtings-infrastruktuur voor gratis Wi-Fi

Die Namibiese inligtingsministerie se direkteur van Inligtingskommunikasie-tegnologie, Linda Aipinge, sê as die mosie oor die bekendstelling van gratis Wi-Fi in openbare plekke suksesvol wil wees, moet Namibië sy belegging in infrastruktuur in die land heroorweeg. Aipinge beklemtoon dat hierdie mosie vergesel moet word van befondsings-modules wat die behoorlike infrastruktuur van inligtingskommunikasie-tegnologie sal toelaat. Sy voeg by dat die inligtingsministerie nie befondsing kry om infrastruktuur op te rig nie.