Olifante op TimBila-natuurreservaat met nekbande toegerus

N/a’an ku sê het twee olifante op hul TimBila-natuurreservaat met halsbande toegerus – die bul, Piet, en die manjifieke trop-matriarg. Mede-stigter van N/a’an ku sê, dr. Rudie van Vuuren sê die redes waarom die twee met nekbande toegerus is, is omdat Piet dikwels die trop verlaat, wat bulle van sy ouderdom geneig is om te doen en hulle wil insig hê in sy bewegings. Die matriarg is die baas en die trop volg waarheen sy gaan. Die operasie om hulle met halsbande toe te rus, het suksesvol verloop. Van Vuuren sê aan Kosmos 94.1 Nuus die konflik-olifante geniet hul lewens van vryheid op die reservaat van meer 33 000 hektaar.