Namibië maak 75% staat op voedsel-invoere, 5de op vasteland

Luidens die statistieke wat deur die VN se Voedsel- and Landbou-organisasie vir 2020 vrygestel is, lê Namibië vyfde op die vasteland geplaas in terme van afhanklikheid op voedsel-invoere. Namibië, wat ongeveer 75 persent afhanklik is van voedsel-invoere vaar selfs slegter as Angola wat sewende lê. Ekwatoriaal-Guinee is eerste geplaas en is 100 persent afhanklik met Zimbabwe tweede, Seychelles derde en Botswana vierde. Interessant genoeg, is die Ivoorkus 100 onafhanklik van voedsel-invoere en is ‘n netto-uitvoerder. Die land vaar baie beter as Suid-Afrika wat rondom 25 persent onafhanklik is en ook voedsel uitvoer. Madagaskar is 10 persent onafhanklik. Drie lande is gebalanseer op nul persent – Ethiopië, Malawi en Kameroen.