Namibië kroon sy nuwe boereworskoningin

Martha Ndegapo is as vanjaar se wenner van die Shoprite en Checkers Namibiese Kampioen Boerewors-kompetisie gekroon en het 150 000 Namibiese dollar in Shoprite en Checkers-inkopiebewyse huis toe geneem. Sjef Sanet Prinsloo vertel aan Kosmos 94.1 Nuus hoe lekker die boerewors is.