Namibië hou Sake-beraad oor Hernubare Energie by Dubai Ekspo

Namibië se Sake-beraad vir Hernubare Energie is Saterdag by 2020 Dubai Ekspo in die Verenigde Arabiese Emirate gehou. Die geleentheid is ook regstreeks uitgesaai. Die beraad het ten doel gehad om aan deelnemers inligting en insig te verskaf oor ander andere hoe Namibië se elektrisiteitsmark funksioneer, Namibië se regulatoriese omgewing, die opwekkingskapasiteit deur die nasionale kragvoorsiener Nampower, en hoe onafhanklike kragprodusente inskakel in en binne die Namibiese opwekkingsnetwerk. Die minister van myne en energie, Tom Alweendo, het die beraad toegespreek.