Namibië het matige vlakke van honger, Angola het baie verbeter

Namibië se Globale Honger-indeks vir 2022 staan op 18,7 wat ‘n redelike matige vlak van honger toon. Angola is een van 32 lande wat sy Globale Honger-indeks sedert 2000 met 50 persent of meer verminder het. Die internasionale verslag “Transforming Food Systems and Local Governance”, wat deur die nie-regeringsorganisasies Welthungerhilfe en Concern Worldwide uitgegee word sê Angola het tans ‘n indeks van 25,9 teenoor 64,9 in 2000. Die verslag sê terwyl die huidige syfer goed vertoon, is dit steeds baie ernstige vlakke van honger in die buurland.