Namibië het 4,6 miljoen stuks lewendehawe

Die Namibiese landbouministerie se jongste sensus oor lewendehawe is voltooi. Daar is tans beeskuddes van net meer as 2,5 miljoen in die land waarvan net minder as 1,2 miljoen, of 46 persent, noord van die veterinêre kordonheining te vinde is met amper 1,4 miljoen stuks vee in die kommersiële gebied. In terme van kleinvee is daar 119 000 skaap noord van die rooilyn met 612 000 in die kommersiële gebied met 706 000 bokke in die Noorde terwyl daar 594 000 Suid van die kordonheining is. Varke vertoon glad nie goed in die kommersiële of kommunale gebied nie. Kommunale boere het ‘n totaal van net meer as 46 000 terwyl daar 47 000 varke Suid van die rooilyn is.