Namibië het 2 100 mense wat meer as US$1m werd is

Die Africa Wealth Report vir 2023 sê Namibië het ‘n verstommende 2 100 miljoenêrs. Volgens die verslag word ‘n miljoenêr gedefinieer as ‘n persoon met rykdom van 1 miljoen Amerikaanse dollar of meer. Die verslag beaam ook dat die plaaslike getalle van miljoenêrs met 60 persent oor die volgende tien jaar sal groei. Suid-Afrika het die meeste miljoenêrs op 37 800, gevolg deur Egipte, Nigerië, Kenia en Marokko. Namibië is 13de geplaas in die lys van top-20. Botswana is effe armer as ons met 1 900 miljoenêrs. Namibië is die tweede ongelykste land in die wêreld met ‘n Gini-koëffisiënt van 59,1. Suid-Afrika is die mees ongelykste land met ‘n Gini-koëffisiënt van 63.