Namibië herdenk Wêreld-vigsdag in Kunene-streek

Wêreld-vigsdag word wêreldwyd vandag herdenk. Vanjaar se tema is Stop Ongelykhede, Stop vigs. Elias Magosi, uitvoerende sekretaris van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap sê hoewel die mees kwesbares soos die jeug, minder bevoorregtes en armes aan die kortste end van die epidemie trek, het die meerderheid inwoners in die meeste lande nou toegang tot MIV-dienste en lewensreddende behandeling soos anti-retrovirale middels. Albertina Malwa, senior woordvoerder in die direktoraat van spesiale programme in die Namibiese gesondheidsministerie, sê Namibië herdenk vandag vigsdag in die Kunene-streek.