Namibië Genetiese Veiling as suksesvol beskryf

Boere wat aan die Namibië Genetiese Veilingsgroep by die Agra Bank Windhoek Ring in die hoofstad deelgeneem het, het ‘n gemiddeld van 39 000 Namibiese dollar vir bulle en sowat 24 000 Namibiese dollar vir verse en koeie gekry. Tydens die veiling, wat ook aanlyn aangebied is, is 120 beeste, 40 bulle en 80 verse en koeie, van 15 telers verkoop. Die hoogste bod was 65 000 Namibiese dollar vir ‘n Simbra-bul. Volgens Die Namibië Genetiese Veilingsgroepleier, Bianca Lüsse, is minder bulle as tydens die vorige veiling in April verkoop, maar die kwaliteit van die diere was goed. Sy sê die meeste boere bou steeds hul kuddes na die droogte van 2019 op.