Namibië en Zambië bespreek Afrika-vryhandel-ooreenkoms

Namibië en Zambië hou op die oomblik konsultasies oor sy gesamentlike kommissie wat daarop gemik is om die lewenstandaard van landsburgers te verbeter deur sosiale, ekonomiese, diplomatieke en politieke vennootskappe. Die twee lande het ‘n permanente Namibië-Zambië gesamentlike kommissie van samewerking onderteken wat daarop gemik is om verskeie sektore soos onder meer handel, vervoer, finansies, landbou en justisie te versterk. Die tiende sessie is tans in die hoofstad aan die gang. Die uitvoerende direkteur in die Namibiese ministerie van internasionale betrekkinge, Penda Naanda, sê besprekings sal rondom die vasteland se vryhandel-ooreenkoms gesentreer wees.