Namibië deel van wêreldwye rentekoersverhogings

Ekonome voorspel ‘n groot vraag na krediet van klein en medium onderneming en verskeie ander sektore in die Namibiese ekonomie. Namibië is deel van die wêreldwye rentekoersverhogings. Die Bank van Namibië het sy jongste repokoers met 175 basispunte verhoog en sal na verwagting op 19 Oktober 2022 met 75 basispunte styg nadat die Suid-Afrikaanse Reserwebank sy repokoers met 75 basispunte verhoog het. Die Federale Reserweraad van Amerika, die Fed, sal na verwagting nog ‘n verhoging van 75 basispunte van sy repokoers in November aankondig. Namibiese ekonoom Gabriel Erastus, sê aan Kosmos 94.1 Nuus meer besighede gaan hul deure sluit.