Daniel Lazarus is nuwe Mnr. Gay Namibië

Daniel Lazarus is as die nuwe Mnr. Gay Namibië in Windhoek gekroon. Die eerste naaswenner is Oeloff Henning en Charlie McNab is in die derde plek. Tien deelnemers het om die kroon meegeding en Lazarus sal tussen 9 en 16 Oktober aan Mnr. Gay Wêreld in Kaapstad, Suid-Afrika, deelneem. Mnr. Gay Namibië is ‘n woordvoerder vir die LGBTQI+-gemeenskap wees, beide plaaslik en in die buiteland, en sal as ‘n sigbare rolmodel vir die gay gemeenskap dien. Lazarus sê aan Kosmos 94.1 Nuus hy sal betrokke raak by gemeenskapsaktiwiteite met die doel om ‘n inklusiewe menseregte-agenda in Namibië te bevorder.