Namibië daal op ranglys oor begrotingsdeursigtigheid

Namibië het gedaal in die wêreldranglys oor begrotings-deursigtigheid en -aanspreeklikheid wat deur die International Budget Partnership gepubliseer is, sê die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing. Die oop begrotings-opname is die wêreld se enigste vergelykende, onafhanklike en gereelde beoordeling van deursigtigheid, toesig en openbare deelname aan openbare begrotings in 120 lande. Namibië se deursigtigsheidtelling het van 51 in 2019 tot 42 in 2021 gedaal. ‘n Telling van 61 word beskou as die minimum drempel om ‘n ingeligte openbare debat oor begrotings te bevorder. Die wêreldwye gemiddelde deursigtigheidstelling in die opname 2021 was 45.