Namibië by Afrika-energie-forum in Parys

Die Invest in African Energy Forum vind tans in Parys in Frankryk plaas waar Namibië sy beleggings-geleenthede in gas- en olie-eksplorasie ten toon stel. Namcor se waarnemende besturende direkteur, Shiwana Ndeunyema en die uitvoerende hoof van van Upstream Exploration en Victoria Sibeya, het by die forum aanbiedings gelewer oor geleenthede vir beleggings- en vennootskappe wat in die land beskikbaar is. In 2022 en 2023 het Namibië drie grootskaalse olie- en gasvondse deur energie-reuse Shell, TotalEnergies en Qatar Energy gesien. Die ontdekkings, sê Ndeunyema, sal die land teen 2035 as een van die top-olie-produsente plaas, terwyl Namibië se BBP in die volgende tien jaar sal verdubbel. Volgens Sibeya mik Namibië vir die eerste olieproduksie teen 2029. Ndeunyema het met Kosmos 94.1 Nuus uit Parys gesels…