Marén de Klerk se saak tot Maandag uitgestel  

Marén de Klerk, wat by die Fishrot-skandaal betrek word, het wel vandag in die Paarl-landdroshof in die Wes-Kaap verskyn. Sy saak is tot Maandag 5 Junie uitgestel om die datum vir sy borgtog-aansoek vas te stel. Dit volg na sy inhegtenisname Donderdag deur die Valke en die Suid-Afrikaanse polisie. De Klerk word deur die Namibiese regering gesoek vir korrupsie, bedrog, diefstal en geldwassery. In 2022 het die Paarl-landdroshof ’n lasbrief vir inhegtenisneming vir De Klerk uitgereik, wat gevolg is deur die publikasie van ’n rooi kennisgewing deur Interpol, die internasionale polisie-organisasie. Dit volg na die Namibiese minister van justisie, Yvonne Dausab in Mei verlede sy uitlewering formeel versoek het.