Namibië bly buite stemming by VN teen Russiese anneksasie in Oekraïne

Die VN se Algemene Vergadering het Woensdag ‘n resolusie aangeneem teen die anneksasie van die vier streke van die Oekraïne deur Rusland. Namibië was, saam met Suid-Afrika, Indië en China, van die 35 lande wat buite stemming gebly het terwyl 143 lidlande daarteen gestem het. Rusland het ondersteuning by Belarus, Noord-Korea, Nicaragua, Sirië, en natuurlik, homself. Die Algemene Vergadering het outomaties die resolusie vir debat opgeneem, na Rusland sy gebruik van sy veto-reg in die Veiligheidsraad gemaak het. Die Amerikaanse ambassadeur by die VN Linda Thomas-Greenfield sê dit was ‘n geskiedkundige dag vir die VN.