Namibië, Afrika bly kliphard oor LGBTQ-kwessie

Namibië en Afrika bly kliphard oor die kwessie van homoseksualiteit, ongeag die voortdurende beroepe van die LGBTQ-gemeenskappe om dit te erken. Daar word genoem dat die bevrydingsbewegings van talle Afrikalande skynbaar vergeet het dat dieselfde regte waarvoor hulle die wapen opgeneem het, die regte is waarvoor LGBTQ-gemeenskappe hier en elders veg. Kosmos 94.1 nuus het aan professor Nixon Kariithi gevra of dit ‘n billike verklaring is en gesê dat die Afrikane vergeet het dat hulle eens sulke steun benodig het.

Kosmos 94.1 Nuus het aan die professor gevra wat gedoen kan word vir die Afrika-leiers om die wekroepe aan te hoor, omdat dit lyk asof betogings nie werk nie. Hy het gesê die media het sy rol gespeel. Hulle moet nou Afrika se besluitnemingsliggame aanpak.