Namibian Lives Matter soek antwoorde oor konflik-kwessie met Botswana

Namibian Lives Matter het sy reaksie gegee oor Botswana se President Mokgweetsi Masisi wat op ‘n eendag-besoek aan Namibië op uitnodiging van President Hage Geingob was. Masisi se besoek volg op die twee lande wat einde verlede jaar die eerste sitting van die Botswana-Namibië Bi-Nasionale Kommissie gehou het onder voorsitterskap van die twee Presidente. Die beweging sê hulle is nog steeds ontevrede oor die hantering van die kwessie oor 37 Namibiese burgers wat deur die Botswana-weermag doodgeskiet is. Sinvula Mudabeti, een van die leiers van die beweging, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle sou verwag dat die kwessie tydens hierdie besoek van die in die Namibiese staatshuis aangespreek word.

Hy sê hulle wil ingelig wil word oor die bilaterale kwessies en wat dit beteken vir die mense wat gely het onder die hande van die Botswana-weermag.