Namibia Breweries verheug oor goeie wins

Die Ohlthaver en List-groep se uitvoerende voorsitter, Sven Thieme, het sy opgewondenheid uitgespreek oor Namibia Breweries Limited se prestasie vir die boekjaar geëindig op 30 Junie 2021. Die brouery het ‘n bedryfswins van meer as 612,6 miljoen Namibiese dollar getoon. Dit is ‘n toename van bykans 159,4 miljoen Namibiese dollar of 35 persent meer as in 2020. Die groep het ook vanoggend aangekondig dat hy ‘n aanbod van Heineken N.V oorweeg om Namibia Breweries se aandele van 25 persent in Heineken Suid-Afrika te verkry. Thieme gesels met Kosmos 94.1 Nuus.