Namibia Breweries toon stewige wins vir 2021-boekjaar

Namibia Breweries Limited het ‘n bedryfswins van meer as 612,6 miljoen Namibiese dollar vir die boekjaar geëindig 30 Junie gerapporteer. Dit is ‘n toename van bykans 159,4 miljoen Namibiese dollar of 35 persent meer as in 2020. Die groep het ook vanoggend aangekondig dat hy ‘n aanbod van Heineken N.V oorweeg om Namibia Breweries se aandele van 25 persent in Heineken Suid-Afrika te verkry.